Navigation
 
:: Home
:: About us
:: Photo's
:: References
:: Promotional
:: Trade
:: Lynx article
:: Crow article
:: Prices / sale item
:: Predator calling info
:: FOXPRO
:: Contact us
 

View Personal Photo Gallery

 
   
Downloads
 
  Click on links below to download file.

Rooikat / Lynx Calling (PDF)

California - USA / Predator Club Reference (PDF)

What is the Biggest Predator's Hunting Secret !! Click here to find out!!
 
 
   
International Hunts
 
 

Download international booking information

 
   
Free Online Course
 
 

LEARN HOW TO CALL IN 10 PARTS
See here WEB PREDATOR COURSE

 
   
Cat Killers!
 
 

These calls are an awesome addition to anybody’s call collection, so collecting or calling they are awesome!

Click here to download information.

 
   
Back to Predator Calling Info <<
 
“NamibiŽ – Land van Rooi sand en Rooijakkalse”

Die laaste keer dat ek gestap en gejag het in NamibiŽ was in die tyd van die bosoorlog, baie het verander sedert daardie tyd,
maar een ding wat dieselfde gebly het, is die aantal roofdiere

Ek was genooi om in NamibiŽ ‘n draai te gaan maak in September. Dit was beplan om ‘n vakansie te wees met n bietjie werk tussenin. Ek moes ‘n dag-kursus gee vir ‘n paar manne. My gas was ‘n goeie vriend, Francois Marais, ‘n wonderlike man met ‘n groot kennis van boogjag.Om hom met ‘n boog te sien skiet is ‘n ervaring.Francois en sy broer was ook akteurs saam met die bekende Akteur Dennis Quaid in 'n bekende Hollywoodse film “Flight of the Pheonix” Dele van die film is In NamibiŽ verfilm.Hy en sy broers het ‘n lekker paar dag- en nag-jagte beplan. Soos jy in die foto kan sien, is die Rooi jakkalse in NamibiŽ veel groter as byvoorbeeld diť in die Noord- Kaap. Altwee hierdie is tewe: die een links is die grootste,sy is amper so groot soos die Coyote’s in Amerika.

Ons het in ‘n plek genaamd Gochas gebly en in diŤ omgewing gejag. Die terrein is baie sandkleurig. Dit is tussen rooi duine geleŽ, met ‘n effense vaal agtergrond. Gochas is ook op die kalk wal van die Auob-rivier geleŽ. Dit is glad nie soos tipiese Karoo nie. Jou bakkie moet heeltemal verskillend opgestel word met ALNET kamoufleer brokkies om mooi in te smelt met die omgewing. Die grond is hard en die plek is baie wild en lyk baie soos areas in Suid-Dakota. Al die berge wat aanmekaar lÍ, is net soos hulle te siene is in Dakota. Daar is nie regtig berge nie, maar die walle van die rivier vorm ‘n soort “canyon.”
Die dag-jagte was in die woestyn gedoen (op die rand van die ‘canyons’ lyk dit baie na aan woestyn) tussen die dele van die land wat soos Suid-Dakota lyk. Ons het twee oggende geroep, net na dagbreek. Dit kon suksesvol gewees het met die skiet van een jakkals, maar Francois se seun het beweeg en ‘n jakkals agter hom het geblaf en weggehardloop. Die jakkals het omtrent 50m weg reg agter ons gestaan. Die plek was mooi uitgesoek en die son het agter ons opgekom, maar ons is net mense en nou en dan maak ons ook foute. Dit is onmoontlik om altyd alles reg te doen. Hierdie keer het die jakkals ons uitgevang. Maar ons het nie op hom geskiet nie, so hy sal waarskynlik weer later inkom wanneer ons roep.

My gas het vir ons mooi plekke gereŽl om in die nag te jag wat heelwat wild gehad het. Ons het by watergate geroep en het heelwat Gemsbokke, vlakvarke en koedoes asook aasvoŽls gesien. Die een ding wat ek ook opgemerk het was, wanneer ons deur ‘n hek ry en na twee ure terugkeer vanaf ‘n jag, kan jy daar waar ons gery het nie meer die wielspore sien nie, sů baie wild het daar rondbeweeg op die pad. NamibiŽ is ‘n jagters paradys.

Ons het ook heelwat op Okahandja gejag! Hierdie plek het groot katte. Ons het nie een ingeroep nie, maar aan die spore kon ons duidelik sien hulle is in die gebied. In die area is dit ‘n probleem om oop plekke te kry. Ek het ons opgestel op ‘n lekker oop stuk grond by ’n watergat. Ons kon ongeveer 200m in alle rigtings sien. Dit was ‘n perfekte plek. Agter ons was ‘n damwal (grond dam), so as die jakkals in ons rigting gekyk het sou hy ons nie kon sien nie. Ek het vir die manne gesÍ waar die jakkals sou verskyn. Twintig minute later, na ‘n paar gemsbokke en 3 bakoor jakkalse, het die jakkals skuins ingehardloop gekom, agter ‘n klein bossie gaan staan en gaan lÍ. Ons het die Woodpecker geluid op die FoxPro sagter gestel, en ek het vir Francois gesÍ ek gaan hom ‘n skoot gee. Ek het met ‘n fyn “squeak” geluid met my lippe gemaak, soos jy maak as jy soen. Die jakkals het toe opgestaan, en op 70m het Francois hom help slaap met die hulp van die 22 Hornet. Ons het al die jagte op video vasgelÍ, en kon later weer mooi na alles kyk.

By die ander roepplek was ons ook op ‘n oop droŽ dam. Dit was omtrent 300m van die plaashuis af. Na omtrent 7 minute het ons die tweede jakkals geskiet. By al die plekke was rooi-en-bruin kamoeflering gebruik. Wanneer ons die elektroniese Foxpro roeper gebruik het, was dit nooit meer as 5 meter van die bakkie af nie. Die meeste van die jakkalse wat ons hierdie nag ingeroep het, was met ‘n Challenge Call eerste aan en afgeskakel, dan na 5 minute ‘n vark, woodpecker of bokgeluid vir 2 minute, en dan ‘n ‘sosiale’ jakkals geluid. Dit help want dit klink soos ‘n paar jakkalse wat ‘n vark of bok gevang het. Na ‘n paar minute van die sosiale geluid speel, het ek die res van die tyd weer die kosgeluid (vark, bok of haas) gebruik. Diť geluide is baie goed vir hierdie tyd van die jaar, maar snaaks genoeg ons het geen reun ingeroep nie.

ROOFDIERE

Ek het baie met verskillende boere gepraat, insluitend jagters en mense direk betrokke by roofdiere. Wat ek opgelet het is dat in die gebiede van Gochas die Rooikat nie so ‘n groot probleem is nie, maar die Groukat is die een wat klein lammers en ander klein bokke vang. Die Silwer jakkals (genoem ‘n draaijakkals in Gochas) is die ander roofdier wat boere probleme gee. Maar soos gewoonlik kan ons nooit vergeet van ons ander vriend, die Rooi jakkalse nie.

In die drie aande se roep het ons heelwat roofdiere ingeroep! Ek het gebruik gemaak van die mees geskikte geluide vir hierdie tyd van die jaar. Ons het verwag dat die tewe wat ons geskiet het, dragtig sou wees, maar dit was nie die geval nie. Ek was ook verbaas om te sien dat die jakkalse almal groter is as diť in die Noord Kaap.

Ek het ‘n paar ingeroep met ‘n Amerikaanse Foxpro met ‘n vark of houtkapper (voŽl) geluid. Afstande geskiet was tussen 28 treŽ vanaf die bakkie tot 110 meter. Ons het meer as 40 bakoor-jakkalse ingeroep. 'n Identifikasie voordat jy die sneller trek is baie belangrik. Die bakoor-jakkalse rig nie skade aan nie, en boere moet hulle nie skiet nie. Daar is blykbaar mense in NamibiŽ wat hierdie diere skade aandoen.

Ek is ‘n jagter wat daarvan hou om my pelse te verkoop, maar ek sien in NamibiŽ, in die maande vanaf laat Julie, Augustus en September is baie van die jakkalse se hare vol klitsgras ( Setaria Verticillata), sů erg op party jakkalse dat die hare ‘n kors vorm, en daar geen manier is waarop hierdie pels gebruik kan word nie.

ALGEMEEN

As jy op die grondpad ry sal jy nie sonder 3 of 4 wil spaar bande wil ry nie. Die eerste dag van my vakansie het ons pype gaan trek op my gasheer se plaas, en het ons 5 pap wiele gekry oppad na en vanaf die plaas.

Ek sal graag die volgende opmerkings wil maak rondom die vrae wat my die meeste aan my gestel word. Ek het ‘n paar keer gehoor dat mense jag vanaf ‘n bakkie, maar gebruik ‘n CD-speler van binne die bakkie, los deure oop en gesels agter op die bakkie en rook selfs. Op hierdie manier gaan jy nooit iets skiet nie. Baie mense sit die CD se luidspreker of elektroniese roeper 70m weg van die bakkie, en staan omtrent 200m weg van jakkalsproef draad. Al die punte is BAIE verkeerd.

Eerstens, staan langs die jakkalsproef draad sodat jy twee kampe kan dek, dan kan’ n roofdier by jou uitkom. Moet nooit die luidspreker verder as 10 meter weg van die bakkie af en op die grond plaas nie, ek sit hom nie meer as 7 meter van my af nie. Die rede is, as die roofdier inkom, kyk hy vir jou want die geluid wat jy maak is by jou, hy kyk nie in 'n ander rigting nie. Jy sal die roofdier se rooi oŽ nie sien nie as jy daai luidspreker 57-70 weg van jou sit nie. Met katte is die baie belangrik want hulle kom laag en stadig in. So sit altyd die luidspreker by jou.

Baie manne gebruik skadunet, dit is ook verkeerd, dit blink in die maanlig en maak geraas in die wind. Baie mense lig eerste in die windaf rigting, maar onthou baie jakkalse is nie slim nie, en katte kom van enige kant in. Nou in NamibiŽ het net een uit 6 jakkalse van die wind af rigting ingekom. Die een wat ingekom het van die windaf kant het nie eintelik saak gemaak nie want die wind was so liggies jy kon nie eers sien watter rigting die wind waai sonder om sand op te gooi nie.

'n Ander punt wat ek opgelet het in NamibiŽ is dat baie mense jag met ‘n Lightforce lig, hierdie lig het ‘n rooi filter en die lens het 'n buiging op die buitenste rand. Dit kom heeltemal oor die voorkant van die lig, dan wanneer die lig brand skyn dit rooi orals, dit lig op jou en ook die bakkie. In my opinie is dit baie swak vakmanskap, ek het ons ligte onder toe gemaak met ‘n karton “funnel” sodat dit nie op die bakkie kon lig nie. Een van die ligte het ook 'n baie swak skakelaar gehad en ek moes dit aan en af sit terwyl die roeper aan was om die geraas te verminder. Onthou ook om nie die jakkals of kat in die middlel van die rooi lig te sit nie. Vang die roofdier net onder sy voete, dan as jy hom wil identifiseer of skiet lig effens op hom.

Ander dinge wat ek gesien het was, as jou bakkie ‘n sitplek het en jy skyn met die lig, maak seker dat jy nie ‘n oop gedeelte bak tussen jou rug en klap het nie, want die lig gaan dit verlig en die jakkals gaan maklik jou bakkie kan sien. Maak seker jou staanplek is plat en jy kan maklik in die ronde draai en nie die bakkie verlig nie. As jy een van hierdie Lightforce ligte het maak seker jy het ‘n “funnel” op hom sodat hy beter kan skyn. Ons maak ook regte jakkals rooi-jagligte, hulle skyn baie goed en het nie 'n “funnel” nodig nie. Die skakelaars is van goeie kwaliteit en raas nie wanneer jy dit aan of afskakel nie.
PERSOONLIKE KOMMENTAAR

As ek in die Gochas omgewing sou boer sou ek my probleemdierbeheer metodes toespits op die hoŽr-liggende gebiede. Jakkalse hou meer van hoŽ punte want hulle voel veilig daar. In Gochas is daar baie hoŽ plekke, soos die rand van die Auob rivier. Hierdie plekke is beter vir roep as onder. Hierdie gebiede is ruig met bosse en bome! Die kolwe is ook moeilik toeganklik vir mense en word dus selde versteur, hierdie is die terrein waarvoor die jakkalse en katte lief is. Bo die koppies en berge is daar goeie oop plekke waar jy kan roep. Hierdie plekke word ook gebruik om kleintjies groot te maak en jy sal baie gate hier kry. Ons het baie gate opgelet in die plekke waar ons verbygery het. Katte gebruik ook hierdie gate.

Daar is ook baie aasvoŽls in NamibiŽ. As jy hulle oplet by 'n karkas maak seker jy roep daar die aand. Jakkalse hou hulle dop as hulle vlieg, so gebruik hulle om weer jakkalse te vind.

In NamibiŽ is daar ongetwyveld meer jakkalse nader aan mekaar en in mekaar se areas as wat daar in die Wes-Kaap is, so 'n Challenge call behoort enige tyd goed te werk om die aandag te trek van 'n reun wat naby is. Maar vir Oktober tot November sal ek sÍ 'n kos geluid is goed.NamibiŽ het baie varke, gebruik vark geluide, en ook die standaard haas geluide.In Desember sal klein jakkalsies se geluide dodelik wees. Januarie tot Mei sal 'n sosiale geluid van jakkalse wat praat goed werk, maar wissel dit af met n vark, dit sal die jakkals meer laat belang stel.

Ek wil graag weer terugkeer NamibiŽ toe!Ek sal dit gaan in die maande wanneer ek my pelse kan hou.Die getalle wild en die mooi oop lande maak NamibiŽ 'n jagtersparadys. Selfs oppad van Okahandja na Windhoek, lanks die pad het ons Koedoes en vlakvarke gesien staan.Wanneer ek terug plaas toe gery het in die Noord-Kaap het ek gedink ek sal weer wild lanks die pad sien! Die rooisand en geroepte rooijakkalse sal ek nie vergeet nie.

Ons was op vakansie en het besluit om met 'n bus op te gaan.Ons rit met Intercape was baie lekker, die mense was baie vriendelik en 'n veilige rit, maar op die grens by NamibiŽ aan hulle kant was hulle glad nie vriendelik nie en ons het gevoel asof ons glad nie welkom in hulle land was nie. Maar die lekker tyd saam met Francois en sy familie en ons vlug terug was die moeite werd.

Vir meer inligting oor roepers ens kan ek by 0824853885 gekry word. As jy in Gochas roofdier probleme het:Bel Francois Marais by 0926463250038.

Gary Laubscher
Francois Marais


 

 

All contents © copyright 2008. African Predator.