Navigation
 
:: Home
:: About us
:: Photo's
:: References
:: Promotional
:: Trade
:: Lynx article
:: Crow article
:: Prices / sale item
:: Predator calling info
:: FOXPRO
:: Contact us
 

View Personal Photo Gallery

 
   
Downloads
 
  Click on links below to download file.

Rooikat / Lynx Calling (PDF)

California - USA / Predator Club Reference (PDF)

What is the Biggest Predator's Hunting Secret !! Click here to find out!!
 
 
   
International Hunts
 
 

Download international booking information

 
   
Free Online Course
 
 

LEARN HOW TO CALL IN 10 PARTS
See here WEB PREDATOR COURSE

 
   
Cat Killers!
 
 

These calls are an awesome addition to anybody’s call collection, so collecting or calling they are awesome!

Click here to download information.

 
   
Back to Predator Calling Info <<
 
ROOI FILTER LIGTE
PLAASLIK GEMAAK


“Rooi filter ligte is ideaal vir jakkals en rooikat jag en ook vir wilde diere kyk.”

Die gebruik van goeie nagligte is baie belangrik om sukses te verseker as jy jakkalse of rooikatte wil jag.

Die meeste jagters in Suid-Afrika gebruik ingevoerde ligte; hierdie ligte is duur en nie altyd maklik verkrygbaar nie.

Om hierdie rede het ons besluit om ‘n lig self in SA op te bou, en die lig te verskaf met al die nodige bestanddele. Die jagter of boer hoef dus nie ekstra filters of enige ander komponente aan te skaf nie.

Die lig word handgemaak. Dit het ‘n baie sterk koord, sodat as jy per ongeluk daarop trap, dit nie maklik sal uitrafel nie. Die hele lig kry ‘n swart verf onderlaag en dan word dit met ‘n kamoufleer patroon toegeverf.

Die lig het ‘n diameter van 180mm, so die uitsig is groot en - as jy die lig in die veld skyn - word ‘n groot area bedek. Die halogeen gloeilamp sal nie baie maklik breek nie, en die kerskrag is 1,500,000. Jy kan mooi sien met die wit lig tot by 700m en met ‘n rooi filter sien jy die dier se o tot by 350m. As ek met my 14-krag teleskoop kyk op ‘n kwartmaan, sien ek ‘n jakkals duidelik op 120 metre met die lig. Die rooi filter word ingebou in die glas voorkant en kan uitgehaal word as jy dit wil skoonmaak of verwyder.

Die lig werk vanaf ‘n 12-volt battery of vanaf die bakkie se sigaret-aansteker. Die lig kom standaard met ‘n drievoet wat in die handvatsel toegevou word en kan dus maklik op die grond of bakkie staan. As die pote afgehaal word, is daar ‘n skroef onder die lig wat dit moontlik maak om die lig op ‘n geweer te monteer. (Die lig kom saam met ‘n handige diagram en CD.)

Die naglig pas op enige geweer met n teleskoop. Maar baie jagters het ‘n vennoot wat die lig kan vashou – wat natuurlik baie makliker is. (Ons bedoeling was om ‘n lig te bou wat die boer of jagter kan vashou.)

Die lig wat ons plaaslik opbou is heelwat meer bekosbaar as ingevoerde ligte, veral as jy nog die koste van posgeld, invoerbelasting, bankkoste, VAT, ens. byreken – en die kerskrag van ons ligte is baie groter.

WENKE

Hier is ‘n paar wenke vir wanneer jy met ‘n lig werk in die aand. As jy ‘n elektroniese roeper gebruik, moenie die spreker (speaker) in die veld plaas weg van die bakkie af nie, want as die roofdier inkom en vir die klank soek, sal hy na die ‘speaker’ kyk en NIE in jou rigting nie; dus sal jy nie maklik sy o in die rooi lig sien nie. Sit liewers die speaker by jou.

Wanner jy roep waar daar jakkalsproef draad tussen jou en ‘n ander kamp is, maak seker jy staan by die draad, sodat jy twee kampe kan oplig. As ‘n dier dan inkom, sal dit by jou kan uitkom. Moet nooit die lig – wat nog brand – neerl met die glas na onder nie, want dit sal dalk die rooi filter smelt en die glas sal kraak. Moet altyd, soos jy die lig draai, seker maak dat jy dit tweekeer in die rondte swaai voor jy dit afsit, ingeval jy o die eerste keer misgekyk het. As jy o sien moet die man wat gaan skiet lanks jou staan; as hy weg van jou staan sal hy nie die o sien nie.

As jy o sien inkom na jou toe in die veld, moet jy altyd die lig effens optel sodat jy die dier se voete net raak. Moenie die dier in die middle van die lig se sirkel plaas nie, want dan sal daar skaduwees val wat die dier dalk sal ontsenu. Dan wanneer jy die dier later wil identifiseer of skiet, sak die lig om mooi te kan sien. Katte is baie lig-sensitief, so moet nooit die helder lig vol op hulle laat skyn nie. As die dier begin knipoog is die lig te helder, so lig die lig nog hor op.

G Laubscher
0824853885


 

 

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
All contents copyright 2008. African Predator.